top of page

Ons impak in syfers

9

Provinsies bereik

21%

Gemiddelde puntverbetering

200+

Skole

15k+

Hulpbronne besoek in 2025

The Math Square help leerders regoor Suid-Afrika om wiskunde regtig te verstaan en nie net te memoriseer nie.

 

Ouers sien meetbare verbetering in hul kinders se punte en selfvertroue, danksy eenvoudige verduidelikings en doelgerigte oefeninge wat by die kurrikulum pas.

 

Dit is praktiese ondersteuning wat werk, ongeag die skool of provinsie.

Hoekom The Math Square?

  • Kwaliteit Notas: Duidelike, georganiseerde notas wat die belangrikste konsepte uitlig.

  • Verduidelikende Video's: Stap-vir-stap verduidelikings wat jou help om moeilike konsepte makliker te verstaan.

  • Vrae en Antwoorde: Gereelde oefeninge en oplossings om jou vaardighede te toets en te verbeter.

  • Toetse: Elke hoofstuk eindig af met 'n toets om jou kennis te toets.

  • 24/7 Toegang: Alles wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het – altyd byderhand.

  • Jou taal: Alles in Afrikaans, vir beter begrip en gemak.

inject-blog-service_1731594197045_edited.jpg

Vir die ouers

As ouer wil jy gemoedsrus hê dat jou kind die regte ondersteuning kry en nie net voor ’n toets nie, maar deur die hele jaar. The Math Square bied meer as net notas en verduidelikende video’s. Jou kind kry gestruktureerde oefeninge én kan gereeld toetse skryf om hul kennis te toets, sodat jy kan sien waar hulle regtig verstaan en waar ekstra aandag nodig is. Dit help om werk vas te lê, selfvertroue te bou en leer meer doelgerig te maak.

Ons bring alles wat jou kind vir Wiskunde nodig het bymekaar op een plek – notas, video’s, oefeninge, vrae en antwoorde, en nou ook toetse – alles spesifiek vir jou kind se graad en kurrikulum.

Dit is ’n eenvoudige en sak pas manier om akademiese druk te verminder en vir jou die sekerheid te gee dat jou kind se vordering werklik ondersteun word.

bottom of page